

Doop
Registrasie vir doop word gedurende kantoorure by kerkkantoor gedoen. ‘n Doopvorm met alle nodige inligting is by kantoor of elektronies beskikbaar. U moet ‘n lidmaat van NG Hartenbos wees om u kind hier te laat doop. Indien u by ‘n ander NG gemeente lidmaat is, moet ‘n toestemmingsbrief van daardie gemeente gelyktydig met doopaansoek ingehandig word. Indien u ‘n lidmaat van NG Hartenbos is en u kind elders wil laat doop, moet u ‘n toestemmingsbrief van u leraar kry.

Huwelik
Kontak die kerkkantoor voordat u enige reëlings tref om ‘n datum en beskikbaarheid van kerk te bevestig. Kontak die leraar van jou keuse om sy beskikbaarheid te bevestig. ‘n Dokument met al die nodige inligting is elektronies of by die kantoor beskikbaar. Huweliksgelde moet ten minste twee weke voor bevestiging betaal word. Kontak die koster in verband met reëlings met regmaak van kerk. Kontak die orrelis met betrekking tot haar deelname.

Privaatheids-beleid
Hierdie privaatheidsbeleid het ten doel om enige besoeker/s en gebruiker/s van die webtuiste ngkhartenbos.com of NG Kerk Hartenbos toep in te lig rakende die insameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste of toep gebruik maak asook enige besluite wat met daardie data gepaard gaan.
