top of page

DIACONIA

Barmhartigheid
Love

ONS STEL BEKEND

DIACONIA

Diensgroep vir Barmhartigheid

RAAK BETROKKE!!

Vir meer inligting - kies die skakel

Sonskynvallei

Hier fokus ons veral op die volgende:

  • Die voorsiening van voedsel (sopkombuis) wat via die Versorgingsoord versprei word, veral aan vroue, kinders en siek persone. Hierdie sop word deur ‘n groot groep vrywilligers gekook en uitgedeel.

  • Die Kleuterskool, bedryf deur die Versorgingsoord, in samewerking met die departement van onderwys.  

  • Die naskool sorgsentrum en graad R, bedryf deur die departement van onderwys, die ACVV en die plaaslike laerskool.

  • Tuisversorgings-projek ryk uit na siekes, veral TB-lyers en HIV geïnfekteerde pasiënte, asook brandwond pasiënte wat nie meer gehospitaliseer kan word nie. Die Versorgingsoord en Hartenbosgemeente tree ondersteunend by bogenoemde drie op.

The Haven

Ons bied finansiële hulp aan haweloses vir oornagfasiliteite.

Kindersorg Mosselbaai

Hier skenk ons doeke aan mense uit mindergegoede gesinne.

Hulpverlening Bejaardes

Die Diens van Barmhartigheid kommissie bewillig elke jaar uit ons begroting ‘n bydrae aan die Versorgingsoord waarmee ons van ons inwoners wat finansieël afhanklik geword het, ondersteun.

Voedselkoepon

Voedselkoepon-stelsel (R25.00). Met hierdie aksie kan lidmate by die kerkkantoor ‘n voedselkoepon aankoop, wat hy/sy in die beursie kan hou om vir iemand te gee wat op ‘n bepaalde dag hul pad kruis en wat dalk honger is. Dié projek is in samewerking met Hartenbos Spar en is nie omruilbaar vir kontant. (Hiermee poog ons om nie kontant in mense se hande te plaas.)

Alimentasie

Hulpverlening in terme van kospakkies: Ons versprei kospakkies aan behoeftiges. Elke pakkie bevat basiese kruideniers wat vir ‘n gemiddelde gesin vir ongeveer een week kos op die tafel voorsien. Hierdie pakkette word in samewerking met die maatskaplike dienste saamgestel. Ons leraars en die kerkkantoor koördineer hierdie bediening.

Kosi Baia

Kosi Baia is 'n winkel wat ons gemeente en gemeenskap tot diens wil wees.  Hulle ontvang graag enige artikels en klerasie wat u ontslae van wil raak en verkoop dit dan teen 'n spotgoedkoop prys.

Projekkoördineerder: Ina Bredenkamp, Tel: 044 695 2322

L&L-Projek

Liefde + Liefde = Liefde. Hulle werk met die behoeftige kinders van Laerskool Hartenbos.

Projekkoördineerder: Lorraine Wiehman, Tel: 044 695 0315

Please reload

bottom of page