top of page
Image by Dan Nelson

Privaatheids-beleid

Inleiding

Hierdie privaatheidsbeleid het ten doel om enige besoeker/s en gebruiker/s van die webtuiste ngkhartenbos.com of NG Kerk Hartenbos toep in te lig rakende die insameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste of toep gebruik maak asook enige besluite wat met daardie data gepaard gaan.
In hierdie privaatheidsbeleid verwys ‘’platforms’’ na al NG Kerk Hartenbos se webwerwe, sosiale media rekeninge, en / of enige ander vorm van tegnologie wat u van gebruik mag maak om met ons te kommunikeer. ‘’Dienste’’ verwys na enige inhoud (op die webwerf, toep of elders) wat deur NG Kerk Hartenbos aangebied, besit, bedryf of gehuisves word. NG Kerk Hartenbos en sy werknemers is verbind daartoe om u privaatheid sowel as u bates te beskerm.
NG Kerk Hartenbos besef ons verpligting om met vertroulikheid u persoonlike, besigheids- en finansiële inligting te beskerm en te respekteer. Besoeker/s en gebruiker/s se privaatheid is ‘n belangrike aspek, beide vir u en vir NG Kerk Hartenbos. Dit is waarom ons NG Kerk Hartenbos se beleid oor die beskerming van privaatheid
ontwikkel het, wat die gedrag van NG Kerk Hartenbos -werknemers en -verskaffers voorskryf met betrekking tot die akkuraatheid en sekuriteit van al u inligting. Die aanvaarding van hierdie terme en voorwaardes word effektief sodra die besoeker/s en gebruiker/s die eerste maal toegang verkry het tot hierdie webtuiste of toep en sal ‘n bindende ooreenkoms met NG Kerk Hartenbos daarstel.
Om ten einde meer te leer oor die beleide en praktyke van NG Kerk Hartenbos, lees
asseblief die volgende:
– Beskerming van besoeker/s- of gebuiker/s inligting.
– Beskikbaarstelling van besoeker/s of gebruiker/s inligting – verantwoordelikheid.
– Bewaring van persoonlike inligting.
– Aanlyn privaatheid.
– Private riglyne en besoeker/s of gebruiker/s se verpligtinge.
– Reg om hierdie pirvaatheids-beleid te wysig.

Beskerming van besoeker/s- of gebruiker/s inligting

Besoeker/s- of gebruiker/sinligting verwys na die inligting wat betrekking het op ‘n kliënt, ongeag of die kliënt ‘n individu of ‘n besigheid is. Die inligting sluit persoonlike besonderhede in en is nie beperk tot ‘n naam, ouderdom, identiteitsnommer, kliënt nommer, e-posadres, IP- (Internet Protocol) adres asook datum en tye wat die platvorm/s besoek is.
NG Kerk Hartenbos gebruik hierdie inligting ten einde vir navorsing, beplanning, ondersoeke sowel as om verbetering van die platform en die inhoud plasings aan te bring. Die tipe inligting wat versamel word, word gebruik afhangende van die doel waarvoor dit benodig word om die dienste of die inligting aan ons besoeker/s en gebruiker/s te verskaf. NG Kerk Hartenbos mag die inligting versamel ook om die volgende redes gebruik:

  • Om u in kennis te stel van veranderings in ons dienste en of interaktiewe geleenthede volgens ons kalender.

  • Die gebruik van die platform te monitor en sekere gebruikspatrone te analiseer en demografie inligting in win, hierdie statistieke is vertroulik.

  • Ontleding en/of waardevolle inligting word vertroulik aan bestuur vir/van die platform/s verskaf ten einde sekere bestuur afdelings doeltreffend te bestuur.

  • Enige tegniese probleme te kan identifiseer en reg te stel.

  • Vir die uitstuur van kommunikasie rakende kerk nuus of gebeure,

  • Verdere inwin van inligting vir inhoud skepping om sodoende doeltreffende inligting te plaas vir ons besoeker/s of gebruiker/s.

  • Vir die terugvoering wat aangevra is deur besoeker/s of gebruiker/s.

  • U te kontak in verband met die prosessering van aanlyn betalings faktuur, state, afleweringstate ens.

Die bewaring van die besoeker/s en gebruiker/s se inligting is een van ons belangrikste
verantwoordelikhede. Ons privaatheidsbeleid bepaal werknemers en verskaffers sal met betrekking tot akkuraatheid, vertroulikheid en sekerheid van alle besoeker/s en gebruiker/s se inligting gebruik maak.
Inligting beskermingsriglyne:

  • NG Kerk Hartenbos sal nie inligting versamel sonder u vooraf verkreë toestemming nie.

  • Dit bly die besoeker/s of gebruiker/s se vrywillige keuse om NG Kerk Hartenbos se platform/s te gebruik.

  • Indien ‘n besoeker/s of gebruiker/s jonger as 18 jaar oud is, moet daar toestemming vanaf ‘n ouer of voog gegee word, voordat daar enige inligting geplaas word van die individu.

  • Die meeste inligting wat ontvang word deur die besoeker/s of gebruiker/s word op ‘n databasis bewaar wat ingeboude veiligheidseienskappe het ten einde die privaatheid en
    vertroulikheid van sodanige inligting te kan verseker.

  • NG Kerk Hartenbos sal noot enige besoeker/s of gebruiker/s se inligting verkoop of andersins beskikbaar stel aan enige ander organisasie of partye nie, behalwe in uitsonderlike gevalle soos uiteengesit in die deel van besoeker/s- of gebruiker/sinligting.

Beskikbaarstelling van besoeker/s- of
gebruiker/s inligting –
verantwoordelikheid

Gevalle waarin NG Kerk Hartenbos toegelaat word om besoeker /s- of
gebruiker/sinligting te openbaar, is die volgende:

  • Deur u gemagtig: NG Kerk Hartenbos bestaan uit ‘n aantal verskillende afdelings, deur u inligting aan die verskillende afdelings te voorsien, kan ons u meer effektief bedien.

  • Wetlike vereistes: Dit verwys dikwels na die owerheid se
    belastingrapporteringsvereistes. Ons sal egter in alle gevalle, soos deur die wet vereis, slegs inligting voorsien wat spesifiek versoek word.

  • Noodsaaklikheid om NG Kerk Hartenbos se belange te beskerm: Bogenoemde sal nie gebruik word as rede vir die openbaarmaking van inligting met betrekking tot u of u rekeninge (insluitend u naam en adres) aan enige ander persoon, vir
    bemarkingsdoeleindes nie, insluitend ander maatskappye in ons groep. Dit is egter so dat basiese prosedures gevolg word wat NG Kerk Hartenbos se belange sal beskerm.

  • In publieke belang: NG Kerk Hartenbos word soms versoek om besoeker/s- of gebruiker/s se inligting te verskaf vir doeleindes van publieke belang, byvoorbeeld om bystand te verleen in die voorkoming van misdaad. Voordat daar aan hierdie versoeke voldoen word, neem NG Kerk Hartenbos elke moontlike voorkomende maatreël om ten einde te verseker dat die owerhede betrokke wetlike, gronde het om sodanige versoek te rig.

  • Voorkomming en/of beheer van enige siektes en /of pandemies.

  • NG Kerk Hartenbos sal nie enige persoonlike inligting aan derde partye vir onafhanklike gebruik beskikbaar stel of voorsien nie.

Bewaring van persoonlike
inligting

Persoonlike inligting wat versamel word deur NG Kerk Hartenbos deur middel van NG
Kerk Hartenbos platvorms, word in ‘n veilige omgewing bewaar.

Aanlyn privaatheid

Die privaatheid en sekuriteit van toepassing op spesifieke aanlyn dienste. Die NG Kerk Hatenbos bevat skakels na en vanaf ander webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derde partye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie konneksies te aktiveer, kan derde partye toegelaat word om inligting oor die gebruiker te versamel
en te deel. Let asseblief daarop dat hierdie derde partye nie deur ons geëvalueer is nie, en ons geen beheer oor hierdie derde partye het nie, en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander partye wanneer u die NG Kerk Hartenbos platforms verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings van elke platvorm lees wat u besoek en wat persoonlike inligting versamel.

Private riglyne en besoeker/s of gebruiker/s verpligtinge

U kan ook help om die sekuriteit van u inligting te beskerm deur die volgende private riglyne en verpligtinge te volg:

  • Moet nie u platvorm sonder toesig laat terwyl u aanlyn transaksie/s doen nie.

  • Help NG Kerk Hartenbos om akkurate rekords in stand te hou deur ons in kennis te stel van wysigings in u situasie sodat ons, ons rekords ooreenkomstig kan opdateer.

  • Moenie u persoonlike en finansiële inligting toevertrou aan enige platvorm wat u nie ken of vertrou nie.

Reg om hierdie privaatheids-
beleid te wysig

NG Kerk Hartenbos behou die reg voor om hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid ten enige tyd te wysig. Alle wysigings tot hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid sal op NG Kerk Hartenbos se webtuiste gepubliseer word. Tensy anders bepaal, sal die huidige weergawe alle vorige weergawes van hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid herroep en vervang.

bottom of page