top of page
Hartskool

Ons Hartskool (Hartenbos Bybelskool) vind plaas op Dinsdae om 17:30 in die binnehof van ons kerkgebou. Die kennis wat ons hier saam ontdek help ons om God en sy Woord beter te leer ken.  Hierdie kennis gee nuwe en dieper insig en help ons om die Bybel reg te lees. Jy kan enige tyd kom aansluit. Die beste tyd om hierby in te skakel is: NOU! Almal is baie welkom.

 

Die Hartskool wil graag tot diens van die gemeente wees. Ons wil toerustingsprogramme volgens die gemeente se behoefte daarstel. Ons het  kursusse, kampe en leier opleiding in gedagte. Ons wil ook nie net vir onsself bestaan nie; ons wil graag diensbaar wees in die gemeenskap. Ons bid dat die Here ons hierin sal lei.

 

Ons wil ook baie graag groei deur almal in te sluit – veral jonger mense en kinders. Ons nooi JOU uit om deel te word. As jy twyfel, kom kuier een aand by die Hartskool en besluit dan of dit is wat jy wil doen. Ek vermoed jy kan dalk ontdek: dis waarna ek nog altyd soek!

 

Studiemateriaal is op ons webtuiste beskikbaar vir almal wat daaruit baat kan vind.

As jy meer wil weet is jy welkom om Ds Willem te skakel by 078 788 3929.

bottom of page