![]() |
---|
GESEËND
OM TE SEËN
'N INKLUSIEWE GEMEENSKAP VIR ALMAL
08:00 Erediens
10:00 Klassieke Erediens
ONS ROEPING

PINKSTER
Tema: EK LEEF IN GOD SE WIL
Deur prof. Stephan Joubert
NUUS EN GEBEURE
ONS VERWELKOM JOU
Hartenbos is ’n gemeente wat leef uit God se genade en seën van nuwe kanse en weer-begin.
So kan ons groei en Sy roeping tot diens uitlewe.
Hiervoor gee Hy aan ons gawes en rus ons toe vir ons taak...

NUWE INTREKKERS
Twee keer ‘n jaar vind ‘n kenmekaar met nuwe intrekkers van die vorige ses maande plaas.
Nuwe intrekkers kan na die diens Sondagoggende by 'n tafel in die binneplein aanmeld waar hulle ‘n vorm kan invul wat deur die Nuwe intrekkerbediening hanteer word. Nuwe intrekkers sal besoek word . ‘n Kalender en ‘n vorm vir die aanvraag van lidmaatskap sal voorsien word.


HARTSKOOL
Ons Hartskool (Hartenbos Bybelskool) vind plaas op Dinsdae om 17:30 in die binnehof van ons kerkgebou. Ons behandel tans die Bybelboeke. Elke aand kry ons ‘n voëlvlug kykie op ‘n bepaalde Bybelboek, soos die kulturele agtergrond, skrywer(s), lesers se omstandighede, kern temas, hoofboodskap, ens. Hierdie kennis gee nuwe en dieper insig en help ons om die Bybel reg te lees. Jy kan enige tyd kom aansluit. Die beste tyd om hierby in te skakel is: NOU! Almal is baie welkom. Navrae ds. Willem 0787883929
