




Makhathini Ds Louwrens van der Westhuizen
Ds Louwrens van der Westhuizen en Vroulief Jeanne bedien sedert 2007 in die Makhathini-vlakte onder Zoeloesprekendes. Die gesin het in KwaNgwanase gevestig.
Belangrike verjaarsdae: Louwrens 13 Aug; Jeanne 24 Nov
E-adres: weshuis@hantam.co.za Tel. 0825164437
Projekkoördineerder: Koos & Hannatjie Smal, Tel: 044-6952431

Mosselbaai Gevangenisbediening
Mosselbaai gevangenis is tans 'n rehabilitasie-sentrum vir jeugdiges onder korrektiewe toesig. Eredienste word gehou en geestelike ondersteuning word gegee aan gevangenes - ook by hulle ontslag uit die gevangenis.
Projekkoördineerder: Vakant
Navrae: Jan Hulme, tel: 044-6951355

Arbeids-
bediening Pierre Lambrecht
Pierre is deel van die plaaslike arbeidsbedieningspan wat mense by hulle werkplek besoek en bedien.
Tel: 076 0929 099
Projekkoördineerder: Frans van der Merwe, tel: 044 6067107

Die Vervolgde
Kerk
Ons gemeente is die afgelope 15 jaar georganiseerd betrokke by die Vervolgde Kerk by wyse van gebedsen koerierreise na geslote lande, asook ondersteuning van Geopende Deure projekte soos BibliAsië, Projek 8:31, KidzAsia, YME, "Hande van Hoop", “Project Desert Light”, "Walk in their shoes", Projek Sophia (2011/12) en Save Syria (2014). Sien die Wêreldwaarnemingslys vir vervolgde lande en getuienisse by www.opendoors.org.za Projekkoördineerder: Millie Kruger, tel: 0823262633

Hugo &
Jacolize Wolmarans - Pioneers Midde-Ooste
Hugo & Jacolize Wolmarans - Pioneers Midde-Ooste
Hugo Wolmarans is die Streeksleier van Pioneers in die Midde-Ooste.
Hy is verantwoordelik vir 327 sendelinge wat woon en dien in 14 lande van die Midde-Ooste (Egipte, Noord-Sudan, Yemen, Oman, UAE, Kuwait, Qatar, Saudie-Arabie, Jordanie, Israel, Palestine, Lebanon, Irak, Siria (insluitende die Kurdiese gebied). Hugo voorsien ook strategiese leierskap vir Arab World Media (www.arabworldmedia.org) wat media gebruik om die Evangelie in Arabies te bring. Die fokus van hul bediening is kerkplanting in die Midde-Ooste. Hugo en Jacolize het twee kinders.
Email adres: hwolmarans@wornet.org
WhatsApp: +44 7538417497

Sonskynvallei
Hierdie “Jerusalem”-projek behels o.a. hulp aan 'n kleuterskool, sopkombuis, geletterdheidklasse en ’n nasorgprogram. Die Kersboom elke jaar is ook groot getuienisgeleenthede. Op Sondag-middae reik ons uit met kategese-ontmoetings vir kinders.
Skakelpersoon: Ds Gerrit Malherbe, tel 044-6951977

Nic & Tina
Strydom Madagaskar Sending
Nic is betrokke by die opleiding en toerusting van geestelike leiers in Madagaskar en het 'n passie veral vir die Sakalava-mensegroep in dié land. Hulle bediening het in 2014 uitgebrei na werk onder die Mikea mensegroep in die Tulear gebied. Die heel eerste kerk onder dié mensegroep is begin! Groot seën is beleef met evangelisasie, Bybelverspreiding, en die ontwikkeling van kinderklubs.
Tel. 082 293 2919 (SA) +26134 389 5574
(Mad) E-adres: nic@gow.org.za
Verjaarsdae: Nic 31 Julie; Tina 28 Des.
Projekkoördineerder: Vanessa Viviers, tel 082 4459 832.

Biblia
Hawesending
Hierdie bediening onder vissermanne vind plaas o.l.v. Daniël Bruwer in die Mosselbaai hawe. Die evangelie word bedien en Bybels versprei onder die bemanning van vissersbote.
biblia.mosselbaai@hartenrus.co.za
Tel. 044-606 7124 of 082 962 2929